Om jouself weer te vind, moet jy eers verdwaal! 

My pad is somtyds n kronkel pad met baie op draendes en onverwagse skerp draaie maar dis n pad wat elkeen van ons moet stap. Die pad het my al gelei na donker plekke waar mens alle self respek en moed verloor. In hierdie tye is n aanplak glimlag die naaste wat jy kan kom aan geluk.


Dis waar ons as vrou vinnig ons waarde vergeet en onsself oordeel. Niemand kan my afkraak soos wat ek myself kan afkraak nie. En skielik kom jy tot die besef, niemand kan jou demone vir jou veg nie… dis jou stryd. Net jy kan die David binne jou wakker maak en jou Goliat oorwin. Dis n keuse wat elkeen van ons een of ander tyd moet maak. Jy self is jou grootste vyand.


Uit my eie ervaring weet ek dat sekere paaie gestap moet word, en dat jou keuses jou op hierdie avonture neem. Hierdie avonture het my voete al onder my uit geslaan en my plat op my bas laat val, dis nie van my beste oomlike nie. Maar so ook het hierdie avonture my lewe gevul met lewenslesse, en stories wat ek met julle kan deel.


Ek is die een met koffie in die een hand en n panado in die ander hand, 101 dinge op my “to do list” en my kalender lyk of my kinders dit beet gekry het met vet kryte. Negatiwiteit kan aan my klou soos klitsgras. Ek verdwaal soms in my eie kop. Maar soos ek ontslae raak van die klitsies vind ek myself. Jy is, wie jy kies om te wees!


Jy is nie in beheer van jou pad nie maar jy bepaal hoe jy hom gaan stap. Dit is hoe jy die uitdagings aanpak wat die werklike verskil in jou lewe gaan maak. Moenie dat jou pad en jou verlede, jou as mens definieer nie. Jy is die maker van jou eie innerlike geluk! Geluk is n besluit, dit is n doel bewuste keuse wat ons moet maak.


Op my laagste laag moes ek die vraag vra… Wie is ek? Wat maak my, wie ek is? Wat is my doel? Dit is juis om die skerp draaie en kronkel paaie waar ek as mens geinspireer word. Dis toe hierdie vrae in my siel opkom toe ek tot die besef kom dat ek n doel het, n passie, n roeping op my lewe, n rede om beter te wees as die persoon wat ek gister was.


Kom stap saam …

Dis nooit te laat om jou skoene af te stof en om die pad met nuwe vaardighede aan te durf nie. In die volgende paar weke gaan ons bietjie self ondersoek instel en die volgende onderwerpe bespreek:

  • Self respek
  • Oorwin jou Goliat
  • Staan weer op
  • Raak ontslae van die negatiwiteit
  • Kies geluk
  • Jou roeping

Liefde,

Michelle

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s