Die pad na self respek

Self respek…

Die verleidelike vraag steek so nou en dan in my kop vas. Dit is so maklik om in die strik te trap. Dis n konstante herinnering van my verlede en al my mislukkings. Dit is n lokval! Self twyfel… jy kom soos n dief in die nag en betrap my altyd ontkant. Jy ken die spreekwoord as die kat weg is, is die muis baas!


Is ek goed genoeg?

Vir lank het ek toe gelaat dat mense hierdie vraag namens my antwoord. Ek het toegelaat dat mense se opinies oor my omstandighede en my verlede my as mens definieer. Dit was n bitter pil om te sluk… die konstante afkraking en negatiwiteit van mense wat gedink het, hulle het die reg om vir my te se wie ek gaan wees en wat ek gaan word!


Jou opinie oor wie jy is en wat die toekoms vir jou inhou is die enigste opinie wat tel! Jou opinie oor jouself is uiters belangrik! Jy het die potensiaal om die beste jy te wees! Moenie jouself op meet teen ander mense nie. Jy stap n ander pad as hulle. Leer om teen jouself te kompeteer nie teen die mense op jou sosiale blad nie.

Respek begin by jouself!

Ons word almal van duim suig tyd geleer om ander mense te respekteer. Asseblief en dankie, tannie en oom… Respek begin by jouself! As jy nie jouself respekteer nie kan jy nie mense om jou respekteer nie.


Self respek is om trots te wees op die persoon wie jy is, maak nie saak hoe jy hier gekom het nie! Begin deur om jouself te vergewe, dit is nuteloos om jouself te straf oor foute wat gemaak is in die verlede. Dit is tyd om oor te begin! Ons is almal net mens. Vat die eerste stap na self respek.


Self respek kom voor in die keuses wat jy maak en jou beginsels. Leer jouself ken! Maak n lys van al jou sterk punte asook jou swak punte. Doen navorsing en vind uit wat is jou temperament.

TEMPERAMENT TIPES
Vier persoonlikheidstipes:

1. Sanguine (entoesiasties, aktief en sosiaal. Lief daarvoor om in die kollig te wees.)
2. Choleric (korthartig, vinnig en prikkelbaar. Hou aarvan om n plan van aksie te hê, en om in beheer te wees.)
3. Melancholies (analities, wys en stil.)
4. Phlegmatiese (ontspanne en vreedsame. Gaan saam die stroom niks jaag hulle nie.)

https://af.m.wikipedia.org/wiki/Vier_temperamente


Aanvaar wie jy is NET soos jy is, hier en nou! Dit beteken nie dat jy nie kan verbeter of in seker opsigte, kan groei en verander nie. Jy kan! Aanvaar en wees lief vir jouself! Aanvaar die dinge wat jy nie kan verander nie! Jy is dit alles werd!


Leer om n positiewe uitkyk op die lewe te he! Kies om in elke situasie waarin jy geplaas word n positiewe kant te sien. n Positiewe houding bepaal hoe jy die lewe om jou ervaar. Sien die glas half vol en nie half leeg nie.

“Elke terugslag is n opstel vir n terugkeer”

Staan vas in jou beginsels en waardes! Moenie dat groeps druk veroorsaak dat jy jou beginsels en waardes opsy skuif nie. Wees vol self vertroue en glo in jouself! Leer om jouself lief te he en om die “imperfections” te “embrace”. Kyk na jouself jy verdien jou “me time.” As jy wil goed voel oor jouself kyk na jou voorkoms en gee vir jouself komplimente! Doen die dinge waarvoor jy lief is!


Jy is goed genoeg! Glo in jouself, niemand anders gaan dit vir jou doen nie! Vergeet van al die naysayers! Jy is die beste jy!


Self respek is n keuse wat jy vir jouself moet maak! Ek kies om myself te verbeter want ek glo ek is meer werd! Ek glo in myself en my roeping!


Jy kan ook!

Die reis om ons self beter te verstaan gaan aan… Maak die David in jou wakker en oorwin jou Goliat!

  • Oorwin jou Goliat
  • Staan weer op
  • Raak ontslae van die negatiwiteit
  • Kies geluk
  • Jou roeping

Liefde,

Michelle

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s