Oorwin jou Goliat

Die lewe kan vergelyk word met Suid Afrika se grootste “obstacle course” resies… die Warrior race. Om dit aan te pak moet jy beslis baie braaf wees. Jy moet verseker weet dat jy sekere struikelblokke op jou pad sal vind. Daar sal van jou verwag word om te kruip, klim en om te spring!


Die lewe se paaie lyk maar dieselfde, dit is vol struikelblokke waaroor ons moet klim en klouter. Die doel van hierdie struikelblokke is nie om ons af te kraak of mismoedig te maak nie. Maar ek sien dit eerder as geleenthede op ons lewens pad om ons karakter te bou en ons lewe meer betekenis te gee.


Identifiseer jou Goliat

Ons kan sonder twyfel se dat elke droom en doelwit wel struikelblokke en terugslae sal in hou. Partykeer voel dit of jy voelspoed hardloop en nêrens kom. Daarom is dit belangrik om die Goliat in jou pad uit te ken sodat jy hom kan oorwin.


Wat hou jou terug?


  • Vrees vir mislukking

Wanneer jy vrees toelaat om n hou vas op jou lewe te he, kan jy jouself voorberei vir n ramp. Vrees is n gevoel wat jou verlam. Dit weerhou jou om uit jou gemaksone te beweeg en versmoor jou. Daarom voel dit of jy stagneer. Laat vrees eerder toe om jou dryfkrag wees.


As jy mislukkings ervaar in jou lewe beteken jy probeer tenminste. Moenie opgee nie. Stel vir jouself doelwitte wat jy kan behaal met sukses. Almal moet kan kruip voor hulle kan hardloop.


Vrees het n hou vas op my gehad. Ek het gevrees dat al my entrepreneur idees n vlop gaan wees en opgegee voor ek dit n werklike kans gegee het.


  • Ek is nie goed genoeg nie

Ons verlede se tekortkominge en teleurstellings bly in ons onderbewussyn. Dit veroorsaak dat ons in ons vermoëns en talente twyfel. Die rede hiervoor is dat jou brein emosie met n gebeurtenis in jou lewe koppel.


Dan begin ons die leuen glo… Ek is nie goed genoeg nie. Sukses kom wanneer jy uit jou mislukkings leer en oor jou struikelblokke klim!

EK IS GOED GENOEG!


  • Verskonings

As daar nou een ding is wat ons suksesvol kan uitdink is dit verskonings. Daar sal altyd mense om jou wees wat jou n paar redes kan gee waarom iets nie sal werk nie. Jy self sal aan n paar kan dink.


Somtyds vat dit net daardie een klein klippie om ons Goliat te oorwin… net een rede waarom dit n sukses sal wees! En natuurlik iemand so hardekwas soos ek om aan te hou probeer al moet ek kruip, klim, n stap van geloof vat my oë toe knyp… en SPRING!


Ek wil graag hoor hoe julle sekere struikelblokke oorkom het en wat julle daaruit geleer het?

Tot ons paaie weer kruis…


Liefde,

Michelle

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s